​18 meubelstukke wat ‘n skrynwerker maklik vir jou kan maak

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Tropical style dining room
Loading admin actions …

Hoe gereeld gebeur dit dat ons ‘n pragtige meubelstuk iewers sien (in ‘n winkel of iemand se huis) en net weet dit sal sooo pragtig in ons eie huise lyk, behalwe vir die feit dat dit te klein/groot is, of te duur?

Wel, het jy al ooit daaraan gedink om ‘n skrynwerker te kontak wat vir jou iets soortgelyks kan ontwerp sonder om ‘n arm en ‘n been te betaal? Hetsy dit nou vir die badkamer, kombuis, agterstoep of ingangsportaal is, ons is seker daar is ten minste een vertrek in jou huis wat kan doen met ‘n deftige meubel of dekorstukkie van hout! 

Loer gerus na hierdie 18 idees…

1. ‘n Badkamerkassie

Sal jou badkamer nie sommer splinternuut lyk met so ‘n pragtige ontwerperskassie nie? Kyk net hoe mooi vloei die hout van die vloer en muur saam om daardie marmertoonbank nog meer prominent te vertoon!

2. Stapelbeddens vir ‘n kinderkamer

3. ‘n Kas onder die trappe

Moenie dat daardie leë area onderkant jou trap aanhou om waardevolle spasie op te vreet nie – gebruik dit eerder vir stoorplek, danksy netjiese kaste en/of laaie.

4. Houtkaste vir jou kombuis

‘n Kombuis van hout lyk altyd so bekoorlik, en afhangende van die kleurskema en tipe hout wat jy gebruik, kan daardie professionele skrynwerker ‘n heel fantastiese ontwerp optower!

6. Deftige skuifdeure

Skuifdeure gebruik minder vloerspasie as swaaideure en hulle kan ook pragtig werk om verskillende vertrekke in ‘n oopplan uitleg te verdeel.

7. ‘n Paar nisse onderkant die trappe

Nisse help nie net om goedjies soos boeke en dekorstukke te stoor/vertoon nie, hulle lyk ook heel stylvol teen ‘n muur!

9. ‘n Nuwe ontwerp vir jou bed

Nog ‘n lekker voordeel om van ‘n skrynwerker gebruik te maak is die feit dat daardie meubels presies gaan pas in jou huis en vertrek, aangesien dit eers gemeet gaan word. Dus kan jy bos gaan met unieke ontwerpe vir jou bed se basis, pote of voetenend, byvoorbeeld.

8. Jou eie unieke stoel

Maak gebruik van daardie skrynwerker se talente en laat hy vir jou ‘n unieke, oorspronklike stoel ontwerp wat sommer lieflik in jou sitkamer/eetkamer gaan uitstaan!

10. ‘n Oulike boekrakkie

Wat is nou pret daaraan om meubels te hê wat soos almal s’n lyk? Jou skrynwerker kan selfs ‘n gewone ou boekrakkie ontwerp wat spog met ‘n styl wat skrik vir niks!

11. Muurkaste/laaie om te help met stoorplek

12. Die perfekte tafel-en-stoel ontwerp vir jou kombuis

Hetsy dit nou ‘n klassieke-styl eettafel of ‘n rustieke ou bankie is, jou skrynwerker sal definitief iets na wense kan ontwerp wat perfek by jou kombuis se styl gaan pas.

13. ‘n Vertikale tuin

Moenie te min vloerspasie as ‘n verskoning gebruik omdat jy nie plante en blomme in jou huis het nie – enige skrynwerker wat sy sout werd is kan ‘n fantastiese vertikale tuin bou!

14. Jou eie aantrek spasie

Jy hoef nie ‘n hele nuwe vertrek in te rig om ‘n aantrek area te geniet nie – wat dink jy van hierdie unieke ontwerp?

15. Die herstelling van ou meubels

Ou, verwaarloosde meubelstukke kan sommer tjop-tjop weer mooi en heel gemaak word as ‘n slim skrynwerker betrokke is.

16. ‘n Oorspronklike kopstuk

17. ‘n Fantastiese ontwerp vir jou stoep

18. Super stylvolle rakke

Skrynwerkers kan toor met hout, wat beteken jy kan sommer fantastiese rakke vir jou huis laat ontwerp wat glad nie soos jou buurman s’n hoef te lyk nie!

Wys dalk hierdie 15 kreatiewe kopstukke vir jou slaapkamer vir daardie skynwerker…

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine