​6 klein doen-dit-self idees vir tuinmaak

Johannes van Graan Johannes van Graan
CASA ZB-TERRANOVA, EcoEntorno Paisajismo Urbano EcoEntorno Paisajismo Urbano
Loading admin actions …

Met soveel opsies vir plante, blomme, kleure, geure en uitlegte, is dit beslis waar dat geen twee tuine dieselfde hoef te lyk nie. Vandag skuif ons tuinmaak na die voorste ingang toe en beloer ‘n paar voorbeelde van klein-maar-getryn tuintjies wat beslis ‘n groot verskil maak danksy kreatiwiteit.

Wie’t nou gedink ‘n eenvoudige tuintjie by die hoofingang van ‘n huis kan so indrukwekkend wees?

Tuin 1

Ons eerste voorbeeld maak gebruik van klippies en tropiese plantegroei, en alhoewel die spasie nou nie die grootste ooit is nie, is die eindresultaat beslis die tyd en (min) moeite werd wat dit geneem het om hierdie skepping te laat blom!

Tuin 2

Voor daar op ‘n tuin besluit was, was hierdie voorste area eerlikwaar ‘n mors van spasie – ‘n leë stukkie grond tussen die huis en heining. 

Kyk net na daardie parmantige ontwerp – mens kan sien die rowwe klipmuur van die huis het hierdie tuintjie se styl geïnspireer.

Tuin 3

Wie wil nou nie ‘n pragtige uitsig geniet nie? En ‘n mooi tuin was beslis die regte keuse vir hierdie area, wat voor die tyd maar net op ‘n gewone klipmuur uitgekyk het. 

Die verskillende lengtes en kleure van die plante maak beslis ‘n verskil aan hierdie prentjiemooi uitleg.

Tuin 4

Hoe lyk die spasie buite by jou motorhuis / parkeerplek? Hierdie voorbeeld was nou nie iets om oor huis toe te skryf nie (al geniet daardie muur ‘n mooi helder rooi aan die buitekant), en daarom was daar besluit om so bietjie kleur en geur by te voeg.

Tuin 5

Net omdat jy nie die spasie buitekant jou veiligheidsmuur kan sien nie beteken nie dat jy dit maar kan afskeep nie. Wat sal die mense dink?

Hierdie huis, danksy die nuwe tuintjie, maak nou beslis ‘n goeie eerste indruk!

Tuin 6

Baie huise het ‘n snaakse hoekie of draai iewerste wat te klein is vir ‘n meubel- of dekorstukkie. Wel, as jy dieselfde probleem het, kyk net na hierdie voorbeeld vir inspirasie, wat van “dead space” gegaan het na treflike tuintjie, veral danksy daardie helder kleur van die muur wat lieflik kontrasteer met die groen plante. 

Aangesien ons nou fokus op die buitekant van die huis, kan ons mos maar net sowel kyk na hierdie Fantastiese heining idees vir Suid-Afrikaanse tuine.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine