​10 klein maar super stylvolle stoepies

Johannes van Graan Johannes van Graan
Casa Caiçara, RAC ARQUITETURA RAC ARQUITETURA Terrace
Loading admin actions …

Aangesien somer om die draai is, begin die meeste van ons klaar beplan hoe om meer tyd buite te spandeer – en net om daardie rede bring ons vir jou vandag se stukkie, wat wys hoe maklik dit is om ‘n klein stoepie meer stylvol en prakties te maak.

Dink net: ‘n stylvolle en gemaklike stoel vir ontspanning, die vars lug rondom jou, helder kleure wat ‘n vriendelike atmosfeer skep, vriende en familie wat saamkuier en jou komplimenteer oor jou puik talent vir ontwerp – en hierdie 10 voorbeelde sal jou definitief inspireer!

1. Kyk hoe laat houtmeubels (in aardse kleure) daardie neutrale teëlvloer uitstaan. En die teëlontwerp teen die muur is puik!

2. Moenie die stylkrag van wit onderskat nie.

3. En natuurlik kan helder, komplimenterende kleure ook lieflik uitstaan.

4. Daar is net iets aan hout wat ‘n spasie meer gemaklik en “huislik” laat voel.

5. Glasdeure wat ‘n klein kombuisie groter laat lyk? So ideaal!

6. Jy hoef nie ‘n fortuin op teëls te spandeer nie – verf en muurpapier kan presies dieselfde uitrig.

7. Wat van ‘n baksteenmuur wat bietjie tekstuur en patroon bylas om daardie stoepie meer prominent te maak?

8. Kyk net hoe lekker gaan moderne dekorstukkies (veral daardie ligte) saam met rustieke meubels.

9. Hoe gereeld sien jy ‘n kombuiskas of –eiland wat opgestyl word met kleurvolle Mediterreense teëls?

10. Selfs hierdie klein balkonnetjie lyk soveel meer stylvol danksy die trefkrag van teëls en hout.

Volgende op ons loer-lysie: 30 idees vir jou pergola en ander tuin strukture.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine