​18 kombuise om jou te inspireer

Johannes van Graan Johannes van Graan
Privada El Secreto, Ancona + Ancona Arquitectos Ancona + Ancona Arquitectos Kitchen
Loading admin actions …

Ons almal weet mos dat die kombuis nie net bedoel is vir kook en bak nie – hoeveel keer gebeur dit dat vriende en familie rondom ‘n kombuistafel saamkoek en een lekker kuier afskop? 

Vir daardie spesiale (meestal onbeplande) geleenthede, bied ons vandag hierdie 18 kombuise om jou te inspireer, maar kyk gerus ook na hierdie kleurskemas, beligting, eilande, kombuiskaste en ander elemente vir nog meer idees…

1. Is hierdie mengsel van graniet en steen nie net die perfekte ontwerp nie?

2. Moenie dink jou kombuis hoef net met neutrale kleure tevrede te wees nie!

Nuestros trabajos, Dome Dome Kitchen

3. Ons is altyd mal oor ‘n oopplan uitleg, veral wanneer ‘n eethoekie betrokke is.

4. Natuurlik moet ‘n kombuis ook voldoende stoorspasie bied, nes hierdie een met sy menigte kassies en laaitjies.

Nuestros trabajos, Dome Dome Kitchen

5. ‘n Venster wat lekker sonlig deurlaat? Natuurlik is dit belangrik!

6. Kan jy dink hoe lekker kuier mens rondom hierdie lang kombuis eiland?

7. Kyk hoe lekker warm laat hierdie houtkaste die kombuis lyk

8. Al is jou kombuis lank en nou, kan hy nog steeds met die perfekte uitleg spog, soos hier gewys.

9. So tikkie kleur teenaan die mure? Beslis!

10. En gepraat van mure, maak seker jou kombuiskaste verskaf soveel stoorplekkies as moontlik.

11. ‘n Eenvoudige ou tafeltjie kan die ideale eetspasie maak, nes hier gewys.

12. L-vormige kombuise is redelik gewild, aangesien dit so maklik is om al die betrokke toestelle in te pas.

13. Moenie vergeet om ordentlike beligting in te sit nie.

14. Wat van ‘n paar vlykvrye staal oppervlaktes wat jou kombuis nog bietjie meer kan laat skitter?

15. Aardse kleure hoef nie vervelig te wees nie!

16. Jy hoef nie bos te gaan met muurteëltjies nie – so effense patroontjie kan nog steeds lekker aandag trek.

17. Glasdeurtjies vir jou kaste kan ‘n klein kombuis bietjie meer oop en groter laat voorkom.

18. Helder kleure is natuurlik welkom, maar maak seker om dit te balanseer met neutrale skakerings soos hierdie vloer, mure en plafon.

Van een vertrek na ‘n ander, kyk gerus na hierdie 8 Klein badkamers waaroor jy dol gaan wees.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine