​6 kasontwerpe wat ‘n skrynwerker vir jou kan bou

Johannes van Graan Johannes van Graan
BGC Yunuseli Toki / Bursa, GEKADESIGN GEKADESIGN Modern style bedroom
Loading admin actions …

Die belangrikheid van ‘n ordentlike kas is nie te versmaai nie, veral wanneer dit by klein huise en woonstelle kom. En natuurlik word kaste mos nie net gebruik om klere, skoene en juweliersware te stoor nie – mens voeg mos maar ander goedere ook by sodat dit nie die res van jou huis beknop en deurmekaar laat nie, soos ou breekware wat in bokse gestoor word en nie in die kombuis pas nie, byvoorbeeld. 

Maar soos ons almal weet, is kaste se style en ontwerpe net so belangrik soos hul vermoë om stoorspasie te bied, en om jou te inspireer bring ons vandag hierdie 6 kaste wat enige skrynwerker wat sy sout werd is sommer maklik kan bou!

1. ‘n Mengelmoes

Die meeste kaste spog met ‘n kombinasie van laaie en rakke, wat hulle soveel meer prakties maak, soos hierdie pragtige voorbeeld vir ons wys. En die feit dat die kasontwerp tot teenaan die plafon styg laat dit net soveel meer elegant lyk.

2. Bietjie karakter

Ons hou van kaste wat met eenvoudige en subtiele ontwerpe spog, maar ons is ook net so mal oor kaste wat speel met vorms en patrone, soos hierdie ontwerp wat ons aan klassieke “shaker-style” kombuiskaste laat dink!

3. Spaar spasie

Net soos enige ander denkbare meubel- of dekorstuk, is kaste ook beskikbaar in verskeie ontwerpe, veral wat die deure aanbetref. En wanneer dit kom by ‘n vertrek wat nie baie vloerspasie het nie, is die logiese plan mos om skuifdeure aan te skaf, net soos hierdie pragtige ontwerp.

4. Sagte kleure

Vorm, tekstuur, en patroon – mens kan lekker speel met hierdie elemente om unieke kaste op te tower, maar moet beslis nie van kleur vergeet nie! Kyk net hoe sag en elegant lyk hierdie slaapkamer se klerekas, nie net oor sy stylvolle ontwerp nie, maar ook omdat hy versier is met so mooi roomkleur, wat definitief aanbeveel word vir klein vertrekke.

5. Geometriese vorms

Benodig jy dalk ‘n kas vir ‘n vertrek wat ‘n unieke vloer-, muur- of dakontwerp het, soos hierdie voorbeeld met die skuins mure? ‘n Ordentlike skrynwerker sal sommer tjop-tjop iets aanmekaar kan slaan wat lyk asof dit bedoel is vir daardie vertrek en spasie!

6. Kaste vir die kombuis

En natuurlik kan ons nie oor kaste gesels sonder om binne ‘n kombuis te loer nie, aangesien ons almal weet hoe belangrik kombuiskaste is vir stoorplek. Kyk hoe lekker werk hierdie kasontwerp saam met die kombuis se uitleg, spasie en toestelle, om nie eers te praat van hoe pragtig die sagte kleure en briljante beligting saamsmelt nie!

Volgende op ons loerlysie: 13 kombuise om oor mal te wees.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine