​11 maklike stappe na ‘n pragtige moderne slaapkamer

Johannes van Graan Johannes van Graan
Andar Modelo - Oeiras, Traço Magenta - Design de Interiores Traço Magenta - Design de Interiores Modern style bedroom
Loading admin actions …

Om ‘n pragtige slaapkamer met ‘n moderne en stylvolle uitleg te geniet is nie so moeilik soos wat jy dalk dink nie – mits jy ons advies volg, natuurlik. Ons het bietjie gaan loer na van die pragtigste slaapkamers hier op homify (wat deur van die wêreld se voorste talent ontwerp is) en het die uitstaan faktore ontsyfer sodat enigiemand dit kan oordoen in hul eie huis.

Van vars kleure en slim beligting tot die perfekte dekor, kom ons kyk bietjie na wat dit vat om ‘n slaapkamer met ‘n “wow” styl te geniet…

1. Hou die hoof kleurskema neutraal, aangesien dit ‘n kalm en ontspannende styl voortbring.

2. Jou slaapkamer (en badkamer) kan ‘n meer oop gevoel geniet danksy ‘n halfmuur.

3. Ligte kleure is die toppunt van moderne ontwerp, so gebruik hulle soveel as moontlik.

4. Hou jou gordyne eenvoudig (maar stylvol) om soveel as moontlik natuurlike lig in te lok.

5. Onthou dat ‘n bont kleur hier en daar ook lekker aandag kan geniet.

6. Natuurlik kom niks by ‘n skoon en netjiese vertrek nie, maak nie saak hoe stylvol dit ontwerp is nie!

7. Dis deesdae hoogmode om jou eie meubels te maak – hoe klink ‘n palet-bed vir jou?

8. Muurpapier met ‘n pragtige patroon kan ook lekker aandag trek, veral vir die hoofmuur agter jou bed.

9. ‘n Tikkie natuurlike varsheid is altyd welkom, hetsy dit nou vanuit jou eie tuin is of nie.

10. ‘n Lekker groot spieël weerkaats lig én laat jou slaapkamer sommer groter lyk ook!

11. Beddegoed is die maklikste wanneer dit by kleur kom, aangesien jy dit gereeld na hartelus kan verander.

Volgende op ons lysie: 10 slaapkamers vir dekor inspirasie.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine