​11 praktiese idees vir jou kombuis se styl

Johannes van Graan Johannes van Graan
Val de Vie - Les Lions Street, Salomé Knijnenburg Interiors Salomé Knijnenburg Interiors Kitchen
Loading admin actions …

Ons almal weet dat die kombuis nie net bestem is vir kook en bak nie – met die regte spasie en uitleg, kan ‘n kombuis mos net so ‘n lekker kuier area wees as, byvoorbeeld, die sitkamer of eetkamer. 

Om seker te maak jou kombuis steek nie af wanneer dit by goeie smaak kom nie, loer bietjie na hierdie 11 voorbeelde wat jou verseker sal inspireer, hetsy dit nou vir beligting, kleure, meubels of toestelle is.

1. Kyk net hoeveel karakter gee daardie mosaïekteëls aan dié kombuis.

2. Vir ‘n warmer gevoel, stel ons ‘n moderne styl met donker hout voor.

3. Moenie vergeet hoe sjiek en verleidelik ‘n wit kleurskema kan lyk nie.

4. Daardie lang eiland is perfek vir kosmaak én as ‘n informele eetspasie.

5. Muurpapier en oulike beligting kan selfs die kleinste kombuis in ietsie fantasties omskep.

6. Rakke is noodsaaklik om te keer dat jou kombuis deurmekaar en beknop lyk.

7. En moet natuurlik ook nie vergeet om briljante beligting by te voeg nie.

8. Ons is mal oor hoe hierdie vlykvrye staal afwerkings met die houtkaste kontrasteer.

9. Kyk hoe mooi staan die blou kleure en baksteenmuur uit danksy dié kombuis se neutrale kleurskema.

10. Onthou: daar is ‘n verskil tussen outyds en “vintage”.

11. Maak seker jou kombuis is gemaklik vir familie en vriende – dit ís mos een van die lekkerste kuierplekke in die huis.

Maar hier’s nog inspirasie: 8 vars en eenvoudige kombuis idees net vir jou!

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine